Written on .

Meditasie - Ajna

"Beyond the point of right and wrong, you will find bliss" Deepak Chopra

Meditasie op die derde oog – Ajna – help ons om verby die intellek, beperk tot logiese denke, te beweeg.

Hierdie oog sien ook meer as wat die vyf sintuie kan inneem.

“Beyond the point of right and wrong , you will find bliss” - Deepak Chopra

Wanneer hierdie chakra in balans is, vind ons die vrede wat die verstand te bowe gaan.

Die meditasie maak ons bewus, dat wanneer mens hierdie oog versterk en oopmaak:

Meditasie:

Sit rustig en gemaklik, hou jou asemhalling dop. Jou oë kan toe wees, of jy kan net ‘n sagte fokus hou op enige objek naby jou. Dit kan ‘n kers wees of enige ander voorwerp.

Raak nou bewus van hoe jou liggaam aan die binnekant voel. Kyk of jy met bewustheid deur elke deel van jou liggaam kan beweeg.

Fokus nou op die kleur van die derde oog, dit lyk soos die donker blou van die naghemel.

Fokus ook op die punt tussen jou wenkbroue, en hou net die kleure en vorms dop wat in jou geestesoog verskyn. Aan vaar dit net, jy hoef dit glad nie te beheer nie.

Beweeg weer jou bewustheid deur jou liggaam, en neem net waar: is die ervaring dieslefde as aan die begin van die meditasie, of is dit anders?

Vryf nou jou hande teenmekaar todat jy ‘n sagte energie tussen jou hande kan voel. Hou jou hande soos bakkies oor jou oë en laat jou oë daarin baai. Voel hoe jou oë ontspan….

Maak jou oë oop en raak rustig gewoond aan die omgewing om jou.

0
0
0
s2sdefault
powered by social2s