Visit COVID-19 Corona Virus South African Resource Portal

Meditasie - Sahasrara

1000 kroonblare in die kroon chakra

Die kroon chakra op die kroontjie van die kop is die direkte kontak met jou siel. Hierdie chakra hou die sleutel om vry wees en die lewe te geniet – om in die oomblik te wees. Hierdie vreugde spruit uit ‘n bron wat onafhanklik is van omstandighede, toekoms verwagting, suksesse behaal en sekuriteit.

Jong kinders is gemaklik om vrolik en onbevange die lewe te geniet. Ongelukkig verloor meeste mense hierdie natuurlike lewensblyheid. Die “stop and smell the roses” vaardigheid word dikwels eers weer ervaar wanneer ons ouer is, omdat hierdie chakra dan eers volledig oopgaan. Voor hierdie tyd word ons baie besig gehou deur ons manier om ‘n plek af te baken en te behoort, verhoudings en persoonlike doelwitte.

Die geheim van ‘n goed gebalanseerde kroon chakra lê juis in die pad wat deur die laer chakras kom. Anders gestel, om die volle waarde van die kroon chakra te ervaar, moet daar ‘n goeie bewustheid van die liggaam wees.

‘n Aktiewe kroon chakra sonder die ‘grounding’ effek van die liggaam veroorsaak dat mense baie spiritueeel is, maar dit hou nie lekker verband met die realiteit nie. Daarmee saam kan die liggaam ook afgeskeep en ongesond voorkom.

‘n Persoon wat hom- of haarself net besig hou met doelwitte en die fisiese aspek van die lewe, maar die bestaan van die die spirituele aspek ontken, het weer ‘n geblokte of geslote kroon chakra. Ten spyte van goeie gesondheid en/of goeie suksess, beleef hierdie persoon selde ware vreugde.

Mense wat ‘n gebalanseerde kroon chakra het ervaar gereeld:

  • dat hulle bevoorreg is om te lewe
  • genot en vertroue, selfs in die mees eenvoudige dagtaak
  • ‘n gevoel van speelsheid, en die vreugde wat daarmee saamgaan
  • ‘n jeugdige uitkyk, sonder vrees en beperkinge, selfs ouderdom is nie vir hulle ‘n bedreiging nie…
  • dat die lewe meer is as dit wat op die oppervlak gesien kan word

 

Meditasie om die kroon chakra in balans te bring :

Indien jy elke stap van die meditasie volg, is dit ‘n baie goeie manier om weer jou vreude en tevredenheid in die lewe te herstel.

Jy word nou die waarnemer van jouself. Laat alle idees spontaan by jou opkom sonder om die antwoord uit te dink. As niks opkom nie, gebruik jou verbeelding so bietjie meer. Onthou daar is nie reg of verkeerd nie.

Sit of lê gemaklik. Sluit jou gedagtes doelbewus af van die buite wereld.

Fokus op jou liggaam, en besluit waar jou stresvlak lê op ‘n skaal van 1 – 10. 1 is geen stres, en 10 is die meeste wat jy kan ervaar.

Begin om jou asemhaling dop te hou. Volg die invloei en die uitvloei van die asem.

Indien jy dit moeilik vind om daarop te fokus, neem die kleur van die invloei van jou asem waar, en ook die kleur by die uitvloei. Dit kan dieselfde kleur wees, of die kleure kan verskil. Die kleure kan selfs verander soos wat jy jou asemhaling dophou….

Na ‘n paar minute kan jy soos ‘n goeie speurder deur jou liggaam beweeg. Begin by joou voete, en werk jou pad op deur elke deel van jou liggaam. Neem die kleure wat jy in elke deel ervaar waar. Daar is miskien ook vorms, geluide, sekere teksture of ‘n gevoel van ongemak in die verskillende dele. Beweeg rustig en as die waarnemer deur elke deel vn jou liggaam. Let ook op indien daar dele is waar jy niks kan waarneem nie.

Nadat jy deur jou hele liggaam beweeg het, neem jou fokus na die kroontjie van jou kop waar die kroon chakra is.

Sien hoe daar van daardie punt af ‘n helder verligte pers stroom energie vloei tot aan die einde van die heelal….

Spandeer ‘n paar minute in hierdie verligte pers energie, en voel jou eenheid met die heelal. ..

Maak jouself nou weer bewus van jou omgewing en jou liggaam…

Verwelkom hierdie nuwe jy…

Jy kan jou oë rustig oopmaak…

Bepaal jou spanningsvlak voordat jy opstaan.  Hoe het dit verander?

  • Hits: 4201
0
0
0
s2sdefault